Die “boek” vergestalt op ‘n visuele manier my subjektiewe arvarings van ‘n prostaktektomie wat ek in 2009 ondergaan het. Omdat ek in my tekstielwerk bome as tema gebruik, word die boom as metafoor gebruik om die ervarings te verbeeld. Die uitdaging het daarin gelê om intieme subjektiewe ervarings op ‘n visuele wyse te kommunikeer sonder om ‘n te persoonlike grafiese voorstelling daaraan te gee. Die boom as metafoor help met die objektiveringsproses en selfs “verfremdung”/ vervreemding, om Brecht se term te gebruik. Soms is die perspektief van ver waar die boom volledig die idee vergestalt en soms word daar van baie naby ingefokus binne-in die “boom/tak/blaar” soos daar inderdaad binne in my liggaam gesny is. Vertikale lyne in verskillende vorms is as dominante “leitmotif” gebruik terwyl kleursimboliek en tekstuur (werklik en bloot visueel) ‘n belangrike rol speel.
Elke bladsy word vergesel met ‘n teks wat met die visuele aspek in interaksie is. Sekere ervarings word verbaal verwoord en ander weer in die tekstielwerk visueel/nieverbaal uitgebeeld. Sommige ervarings/emosies word eksplisiet uitgebeeld en ander weer subtiel gesuggereer. Elke werk poog egter om ook in eie reg met estetiese integriteit te bestaan. Dank aan die digter Heilna du Plooy vir die poëtiese omdigting van my teks. |
AuthorUp to date news ArchivesCategories |
Powered by
Create your own unique website with customizable templates.
